Duiweluitdrywing

’n Skildery van sint Francis Borgia wat duiwels uitdryf, deur Goya.

Duiweluitdrywing, geestebeswering of eksorsisme (laasgenoemde van die Griekse ἐξορκισμός, exorkismós, "stremming deur beswering") is die godsdienstige of spirituele praktyk om demone of ander geeste uit ’n persoon of gebied te verdryf wat vermoedelik besete is.[1]

Na gelang van die spirituele geloofsoortuigings van die duiwelbesweerder of eksorsis kan dit gedoen word deur die entiteit ’n eed te laat sweer, deur ’n uitvoerige ritueel uit te voer of deur dit te beveel om weg te gaan in die naam van ’n hoër mag. Die praktyk is antiek en deel van die geloofstelsel van baie kulture en godsdienste.

  1. Jacobs, Louis (1999). "Exorcism". A Concise Companion to the Jewish Religion. doi:10.1093/acref/9780192800886.001.0001. ISBN 9780192800886.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search